Submit YOUR ideas here!

Send your party ideas to:
supercelebrations@kidspartydirectory.co.za
and stand in line to win!

18 Jun 2010

Tweety en Sylvester

Uitnodiging - ek het dit gemaak met toiletrolletjies en melkbottels se doppies. Binne in was die uitnodiging, dis veronderstel om soos 'n bom te lyk. Sylvester en Tweety bom mekaar mos gereeld.





Ek het party blikke gemaak ipv emmertjies of sakke. Ek het ou formule melkblikke gespray in swart of geel, 'n prentjie van T&S opgeplak met contact, twee gaatjies weerskante geboor vir die lintjie wat as handvatsel dien en die blikke gevul met sappies, chippies, koekies, lekkertjies en nog vele meer.


Die ander fototjie wys maar net die gedekte plekkie van elke maatjie, ek het "placemats' gemaak deur prentjies van tweety en Sylvester te laat lamineer



 
die tafeltjie wat ons gemaak het van vrugte palette bo op mekaar te sit, (twee bo op mekaar, twee langsmekaar) en dit oorgetrek met 'n swart paslaken. Met al die blikke en place mats - wag vir die maters om op te daag..


die koek. 'n Tannie in Wolseley het die koek vir my gebak van 'n prentjie af. Ongelooflik mooi gewees en baie lekker gesmaak.



  
Submitted by -  Corne Brynard

No comments:

Kids Party Directory's Fan Box