Submit YOUR ideas here!

Send your party ideas to:
supercelebrations@kidspartydirectory.co.za
and stand in line to win!

18 Apr 2010

Verjaarsdag partytjie - tema - Tea Party

Hi, hiermee foto's van my driejarige Nicola se verjaarsdag partytjie - tema - Tea Party.

Ek het die oulike Cupcake koek idee van julle site gekry. Dit het wonderlik gewerk want jy sit nie agterna met klomp stukke halfgeëte koek nie. Wat ook baie goed gewerk het is die boksies wat ek by die koek neergesit het waarin elke ma hul kind se oorskiet kos kon inpak voor hul huis toe gegaan het.
My idee het gekom van die feit dat dogtertjies mal is daaroor om tee te drink en dametjies te wees. Ek het so ver moontlik probeer om te bly by dogtertjies van haar ouderdom en tot net 10 kindertjies.  
Die stoeltjies en tafeltjies het my pa vir my gemaak.  

Ek het haar pophuis oorgetrek en soos die kinders aangekom het, gevra dat hul in die huisie kom sit op hul kniëe en vir my by die venster uitkyk dat ek 'n foto van elkeen kon neem.  

Dankie vir julle site, dit maak van elke ma 'n klas 1 ma. Veral ons op die platteland wat nie daagliks toegang tot allerhande nuwe goed het nie.

Christene Botha - Namibia Suid

 

No comments:

Kids Party Directory's Fan Box