Submit YOUR ideas here!

Send your party ideas to:
supercelebrations@kidspartydirectory.co.za
and stand in line to win!

30 Apr 2010

Dora the Explorer

Die Dora koek is vir n vriendin gemaak. Ek het n prentjie van die internet vergroot en met fondant versiersuiker gemaak. Soos n puzzle. Al die verskillende kleure uitgerol en met die hand gesny met ‘n skalpel. Dit aanmekaar gesit op ryspapier en toe afge”slide” op die koek.

Het wel voorheen n Dora partytjie gedoen vir iemand anders. Het ongelukkig nie fotos nie, net die idees! Die koek was soortgelyk ons het net omtrent al die karakters gehad en drie oondpanne langs mekaar gehad, wat dus n groot prentjie gevorm het. Ek het mini rugsakkies gemaak uit pers lap en n piesang, bottle water en n “map” daarin gesit, die is uitgedeel toe al die maatjies bymekaar was. Die map het n paadjie deur die tuin aangedui met drie punte wat as bakens gedien het. Met ‘n nuwe fonteinpomp en ‘n uitgeskropte fontein in die tuin het ons koeldrank aangebied. Kinders moes die water vir n plantjie gee en daarna hulle bottles volmaak by die koeldrank fontein! Die tweede punt was n gehuurde opblaas hindernis affere! Wat hulle vir n ruk besig gehou het en toe na die vulkaan!

‘n Houtblad het n groot eetbord size gat in gekry. Rondom die gat het ek ‘n Styrofoam en papier mache vulkaan gebou, sowat 60cm hoog. Van die rand bo tot onder het ek lap binne in die vulkaan gesit wat soos n sak gehang het, dus n sirkel lap wat ingesak is sodat die rand bo by die vulkaan se rand is, goed vasgeplak. Die sak is met smarties en jellitots so halfpad gevul . Die houtblad was vasgemaak bo op ‘n vullisblik! Die swart soort met staal handvatsels buite aan! ‘n Nuwe skoon een! Die dogtertjie se 14 jarige ouboet was binne in die blik, Met heelwat ouerlike toesig het hulle die vulkaan genader, toe almal mooi naby was het hy die lap van onder gedruk boontoe en die vulkaan het uitgebars met smarties en jellietots! Moet ek noem die vulkaan is mooi geverf gewees en daar was goiing lap wat die houtblad bedek het en ook die asblik mooi toegemaak het tot op die grond.

Ek het ook koekis gemaak in die vorm van Boots se boots. Rooi icing opgesit en in die bome opgehang. Ons het vrugte sosaties ook gehad en reenboogtoebroodjies. Daar was nie huistoegaan pakkies nie, net elke kind het n CD gekry met fotos en video op van die middag se pret, as dankie.

Cani

No comments:

Kids Party Directory's Fan Box